WEES WEER JOUSELF MET EAU THERMALE AVÈNE

#CLEANANCECONFIDENCE

Meer as 80 persent van tieners en 41 persent van volwasse vroue sukkel met ’n probleemvel.

Die probleem is nie by almal ewe erg nie, maar dit is altyd pynlik, ongemaklik en nadelig vir jou selfbeeld. Dit kan ’n negatiewe impak op jou selfvertroue en sosiale lewe hê, en fisieke sowel as emosionele letsels laat.

Die gesogte dermo-kosmetiese handelsmerk Eau Thermale Avène, in samewerking met Huisgenoot, gee drie lesers met probleemvelle die kans om hul selfvertroue terug te kry en weer gemaklik te wees in hul eie vel.

Die gekose lesers sal ’n pasgemaakte Eau Thermale Avène-velsorgroetine kry met produkte van die CLEANANCE-reeks, spesiaal geformuleer vir olierige en veltipes geneig tot puisies. Hulle velsorg-ervaring sal oor twee maande gedokumenteer word; daarna sal die resultate aan die Huisgenoot-gemeenskap bekendgemaak word.

HOE OM IN TE SKRYF

As jy sukkel met ’n olierige vel, vel wat geneig is tot puisies of wat geïrriteer word deur aknee-behandeling, vul die vorm hieronder in en jy word dalk gekies om ’n pad te stap saam met die Avène CLEANANCE-reeks.

Inskrywings sluit op 23 Junie 2017.

Bepalings en voorwaardes geld.

Vir meer inligting oor Eau Thermale Avène-velsorg, gaan na avene.co.za.

SKRYF IN

#CLEANANCECONFIDENCE INISIATIEF BEPALINGS & VOORWAARDES

Die indieningsperiode is van 9 Junie 2017 tot 23 Junie 2017 (middernag).

Om deel te neem, hou asseblief die volgende kriteria in gedagte:
• Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om akkurate en gedetailleerde inligting oor sy/haar veltoestand te voorsien en ook enige mediese inligting te deel wat die resultate kan beïnvloed. Dit is vir sy/haar eie veiligheid en om optimale resultate te verseker.
• Die gekose kandidate sal ’n pasgemaakte roetine kry, sowel as ’n gedetailleerde velsorgregime. Die kandidaat onderneem om vir die gebruikstyd die roetine te volg sonder enige afwykings.
• Die gekose kandidate moet ’n selfoon met kamera- en videofunksionaliteit hê, aangesien die gekose kandidate gevra word om hul vordering te dokumenteer. Die organiseerder (Eau Thermale Avène) sal vir die gekose kandidate van selfoondata voorsien vir dié doel, sowel as beste-gebruiksriglyne.
• Die gekose kandidate moet hulself beskikbaar maak om na sleutelplekke te reis vir verfilming en fotosessies van Julie tot September 2017. Die organiseerder sal, so ver moontlik, die mees gerieflike tyd en plek hiervoor reël, met minimum onkoste vir die kandidaat.
• Die gekose kandidate gee Eau Thermale Avène en Huisgenoot toestemming om enige materiaal wat gedurende die inisiatief versamel word vir bemarkings- en promosiedoeleindes te gebruik.
• Vir tienerjarige kandidate sal toestemming vir deelname van sy/haar ouers/wettige voogde verkry moet word.

Jy hoef net een keer jou inskrywing in te dien, aangesien die keuse gebaseer word op die eerste inskrywing en nie deur lukrake trekking gedoen word nie.

Kandidate sal gekies word op grond van die inligting en foto’s wat voorsien word. ’n Dermatoloog se professionele mening sal ook in die kiesproses gebruik word. Kandidate op ’n kortlys mag gekontak word om meer inligting te verskaf. Die finale kandidate sal gekies word op Eau Thermale Avène se diskresie, in samewerking met ’n dermatoloog. Indien jy teen 30 Junie 2017 geen verdere kommunikasie ontvang het oor jou inskrywing nie, sal dit ongelukkig beteken dat jy nie gekies is nie.

Die gekose kandidate sal voorsien word van produkte vir die 2 maande van die inisiatief, sowel as produkte vir ’n bykomende 3 maande se instandhouding, ingevolge die regime wat aan die begin van die inisiatief voorgeskryf is.

Werknemers van Media24 en die borg en hul gesinne mag nie inskryf nie. Gekose kandidate sal telefonies in kennis gestel word. Indien die gekose kandidaat nie met drie oproepe gedurende kantoorure bereik kan word nie, sal ’n nuwe kandidaat gekies word. Media24 en die borg is nie verantwoordelik vir enige skade wat gely word deur in te skryf vir of deel te neem aan hierdie inisiatief nie. Produkte is nie-oordraagbaar en kan nie vir kontant verruil word nie.

Deur in te skryf, gee jy toestemming om by geleentheid promosiemateriaal van Media24 en Eau Thermale Avène te ontvang.